Lefora Free Forum
80 views

Rotskuns, Badsfontein

Page 1
posts 1–3 of 3
rookie - member
2 posts

Ons weet al vir baie jare van die rotskuns op ons plaas, Badsfontein, maar snaaks dat ek nou eers regtig daarin begin belang stel het.
Johan Loock van Vrystaat univ. het ons besoek en hy was so beïndruk daarmee asook in die verskillende rotsformasies in die kloof waar die tekeninge is. Ek het met Janette Deacon van Stellenbosch kontak gemaak en ons hoop sy kan Sept./Okt. hierheen kom om meer inligting omtrent ons tekeninge te gee. Gelukkig is daar geen grafitti op die tekeninge nie.
Ons het twee plekke met tekeninge- darem merkwaardig dat dit so lank behoue kon bly- foto`s wat ek vir Janette gestuur het sê sy dui daarop dat van hulle tussen 1-7 duisend jaar oud kan wees. Maar sy moet eers self kom kyk voor dit `n feit is.
Ons Toerisme vereniging in Murraysburg oorweeg om `n Rotskuns roete te ontwikkel, amper iets soos Stellenbosch se wynroete- `n mens kan natuurlik altyd so `n roete opkikker met so `n produk van die Kaap!
Iemand wat belangstel of kennis het van rotskuns kan ons altyd kontak om dit te besigtig- natuurlik altyd met my of Izak wat julle moet neem.


__________________
Susanna van der Merwe 049 8449622 082 9440499
novice - founder
28 posts

Het julle ook akkommodasie wat julle die toeris kan bied, Susanna? Die rotskuns klink regtig na iets wat bemarkbaar is as toeriste-attraksie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
2 posts

Badsfontein is `n 3-ster B+B.
 Ons het `n woonstel met DSTV, lugreëling,klein hoek kombuisie, yskas, mikrogolf.
Die woonstel in langs die hoof huis.
 Ons het 2 dubbel kamers in die huis- elk met sy eie badkamer.
Pryse Dubbel- Woonstel R500.00 Winter April tot Aug.  Enkel R350.00
 Kamers in die huis R400.00 Dubbel   Enkel: R250.00
Somer : R450 en R350 . Dubbel. Enkel : R300.00 en R230.00
Almal vra hoekom dan duurder in die winter as in die somer: in die winter kry die gaste warm komberse en verwarmers om hul heerlik warm en snoesig te hou as dit so lekker koud is in die Karoo.
Ontbyt is by die pryse ingesluit . Heerlike aand etes met o.a. Karoo skaapvleis word bedien teen baie billike pryse.
Daguitstappies na Graaff- Reinet is baie lekker - slegs een uur se ry en ook na Nieu Bethesda , met sy Uilhuis en ook baie fossiele. 
Moenie dink ons Karoo plaas is plat en eentonig nie- kom kyk gerus! Murraysburg is die mooiste Karoo dorp!
Kom kyk, hier kan `n mens net "let go" .Ek lees tans die boek " The Monk who sold his Ferrari" en soos ek lees besef ek net weer en weer die waarde van waar ons bly- die "eenvoud" en skoon lyne van die natuur maak jou so kreatief. My een begeerte is om `n fotografie kursus hier te laat aanbied- die sonsondergange, rotsformasies,karoo randjies- ek noem dit al berge- is pragtig.
O ja ons het ook `n jaghuis - slaapplek vir 13.Dit is die ou plaashuis.
Ons webblad is : www.badsfontein.co.za


__________________
Susanna van der Merwe 049 8449622 082 9440499
Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now